Paralimpiese Somerspele 1968

IIIe Paralimpiese Somerspele
Paralimpiesespele van 1968

Gehou in Tel Aviv, Israel
Deelnemende lande 28
Deelnemende atlete 774 (577 mans, 197 vroue)
Items 188 in 10 sporte
Openingseremonie 4 November 1968
Sluitingseremonie 13 November 1968
Amptelik geopen deur Premier Yigal Allon
Atlete-eed (sedert 2012)
Beampte-eed (sedert 2008)
Olimpiese vlam (sedert 1992)
Vorige Spele 1964: Tokio (Japan)
Volgende Spele 1972: Heidelberg (Wes-Duitsland)

Die Paralimpiese Somerspele 1968 (Hebreeus: המשחקים הפאראלימפיים ה-3), destyds bekend as die 17de jaarlikse Internasionale Stoke Mandeville Spele, is tussen 4 en 13 November 1968 in Tel Aviv, Israel, aangebied. Tydens die geleentheid het 774 atlete uit 28 nasies aan 188 items in 10 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1]

Dit was die derde Paralimpiese Spele wat aangebied is en die bedoeling was dat die spele, net soos die Olimpiese Somerspele 1968, die jaar in Meksikostad (Meksiko) gehou sou word. Maar die Meksikaanse regering sien daarvan af vanweë die probleme waarmee hulle geworstel het.[2] Die Israeliese regering het aangebied om die wedstryde in Tel Aviv te hou, 'n voorstel wat aanvaar is. Dus het hierdie spele die eerste in die Paralimpiese geskiedenis geword wat nie gelyktydig gehou is met die Olimpiese Spele nie. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.

Suid-Afrika behaal 'n tiende plek tydens die Spele met 'n totaal van 26 medaljes (nege goud, tien silwer en sewe brons).

  1. (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Maart 2018. Besoek op 22 Januarie 2018.
  2. (en) "1968 Tel Aviv". insidethegames.biz. Dunsar Media Company. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 April 2020. Besoek op 22 Januarie 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search